Cornize & Christiaan Troue {Zambezi Punt Pretoria}

Cornize en Christiaan se pragtige sprokie troue was by die mooie Zambezi Punt in Pretoria. Hulle het trou beloof in die nuwe Boskapel wat jou laat voel of jy in die bosveld is. Die laaste stuiptrekkings van die winter was omskep in ‘n prag sprokie van ‘n regte warm winter dag. Hul onthaal het plaasgevind in die Afrika Boma wat aangepas het by hul bos effek. Elke detail van die troue was van uiters elegante smaak wat die mooi troue toegevou het in ‘n sprokie. Ek het Cornize en Christiaan ontmoet toe ons hul verlowing sessie se kiekies geneem het in ‘n mooi bos gedeelte van die Dunnottar Bird Sanctuary. Gedurende die sessie het ek geweet die twee se liefde oorspoel van vreugde en liefde in oorvloed. Altyd lekker om die liefde deur my lens waar te neem waar twee mense mekaar toevou sonder om enige “poses” voor te stel. So was dit dan ook met hul mooiste troue. Ons het vroeg die oggend begin saam kuier waar Cornize hulle gereed gemaak het. Soos gewoonlik doen Profitéa Photography nie net al die troue se formele kiekies nie maar speel ons ook met pret en laf wees. Sodoende kry ek die bruid en bruidegom om te ontspan en hul troue net te geniet. Zambezi Punt is een van die mooiste trou venues op ‘n landgoed wat oor die Noordelike heuwels van Pretoria kyk. Met die mooiste tuine en foto plekke is dit voorwaar ‘n fotograaf se paradys. Donné wat in beheer is by Zambezi Punt is altyd ‘n staatmaker en daarom is alles van kos, diens en dek van die beste gehalte. Cornize en Christiaan ek seen julle met net die beste vir jul huweliksreis en mag God altyd jul Rots wees waarop jul jul liefde bou.

                                                 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *